‘Selfmoord in die selle’: Sy het gesukkel om haar ma se dood te verwerk. Toe hang sy haarself op

Die familie van Jennifer Matthews (26) van Genadendal moes glo gereeld uit haar mond hoor hoe sy dreig om haar eie lewe te neem. Dit was veral nadat hulle ma, Josephine, sowat vier maande gelede afgesterf het.

Toe gebeur die ergste: Me. Matthews is Saterdag in die vroeë oggendure dood in ’n polisiesel gevind. Het die polisielede aan diens die opdragte van hul bevelvoerder gevolg, word nou gevra.

Lees die storie →

’n Ooggetuie keer dat bestuurder van ‘doodsbakkie’ wegry ‘om sy pa te gaan roep’. Nou word sy pa dalk ook aangekla

Die polisie se verklaring oor die ongeluk waarin Neo Cornelius (15) ’n week gelede op Caledon dood is, het genoem dat ’n 21-jarige man in verband met ’n klag van strafbare manslag in hegtenis geneem is.

Was iets fout daarmee? Dit het nagelaat om te sê dat die beskuldigde ’n gr. 12-leerder is aan dieselfde skool waar Neo in gr. 10 was. Mondstuk Media het ook eksklusief verneem dat die beskuldigde se pa moontlik self aangekla gaan word omdat hy blykbaar oor sy seun se ouderdom sou gelieg het.

Lees die storie →