Eyebrow pre-Header bv. Wie inspireer ons?

‘Hulle kom vir ons!’ Die poppe gaan dans oor ondersoek na Theewaterskloof se ‘Generatorgate’-skandaal

Die Theewaterskloof-munisipaliteit het ’n diensverskaffer, genaamd ZWH, glo R128 miljoen vir die huur van 14 kragopwekkers betaal … en is blykbaar nog met R40 miljoen in die skuld by die maatskappy.

Hoe gebeur dit? Die Spesiale Ondersoekeenheid (SIU) moet nou die antwoord op die vraag probeer vasstel by amptenary en politici wat daarvoor verantwoordelik was.

Lees die storie →

Theewaterskloof-telenovela kos munisipaliteit duisende rande aan regskoste. Wie gaan die rekening betaal?

Ontwrigting by Theewaterskloof duur voort. Hoewel die DA die raad in koalisie met Good en die Socialist Revolutionary Workers Party regeer, gebruik die ANC, PA en EFF (saam met Good) die meerderheidshef in hul hand. Die VF Plus sit op die draad.

Wat is nuut? Pogings word steeds aangewend om van Walter Hendricks (op die foto) as munisipale bestuurder ontslae te raak. Die gronde daarvoor oortuig nie.

Lees die storie →

‘Ek is aangenaam verras met die ondersteuning,’ sê Theewaterskloof se Walter Hendricks ná sukses met sy slim uittree-plan. Nou moet hy harmonie skep, maar hoe?

“Hop, hop / spinnekop!” klink dit vanoggend in die gange van die Theewaterskloof-munisipaliteit op Caledon nadat die DA-Good-koalisie Donderdag hul volle steun aan mnr. Walter Hendricks, munisipale bestuurder, toegesê het.

Wat nou? Terwyl Lincoln de Bruyn (burgemeester, DA) ongemaklik staan tussen Good se Speaker Weldon Wells en onderburgemeester Cynthia Clayton, moet mnr. Hendricks nou harmonie skep tussen werkers en amptenare, wat sy achilleshiel, Wilfred Solomons-Johannes, insluit.

Lees die storie →

Partye vryf hul hande warm vir poste, terwyl die treurmare in Theewaterskloof se raadsaal voortduur. Die terugkeer van Wilfred Solomons-Johannes het baie daarmee te doen

Spesiale raadsvergaderings is verlede week opgestel, uitgestel en hersaamgestel in die Theewaterskloof-munisipaliteit in die Overberg. Die agendapunt op papier was beweerde wangedrag deur die munisipale bestuurder, maar dit is net ’n eyeblind, soos die mense hier sê, vir iets anders.

Waarmee het dit werklik te doen? Die ongeskrewe agendapunt is ’n plan van mnr. Brett Herron van Good (op foto), PA en die ANC om die mag terug te vat, terwyl die DA hoop om sy beheer van TWK te behou. Maar waarom sit die VF Plus dan stilswyend op die draad?

Lees die storie →

Wilfred Solomons-Johannes dreig om vandag terug te keer ‘werk toe’. Die draaideur by die ingang van die Theewaterskloof-munisipaliteit, sal die verwelkoming bepaal

Die man na wie ’n vinger gewys word – mét of sónder rede – oor die beweerde wanadministrasie van rampfondsgeld van R40 miljoen, asook ander begrotingsafwykings by die Theewaterskloof-munisipaliteit in die Overberg, wil na verwagting vandag sy vorige pos gaan terugeis.

Waarom maak dit saak? Wilfred Solomons-Johannes dreig dat die munisipaliteit, wat onder finansiële administrasie is, gaan betáál vir wat hulle glo gedoen het “om my naam, reputasie en loopbaan te vernietig”.

Lees die storie →