‘Coach Herschelle’ is ’n Rassie wat sy storie as afrigter ken. Maar waarom rasper hy dan partykeer die gevoelens van bestuurslede, spelers en toeskouers, man?

Die poppe het Donderdag gedans aan die Botrivier-kant van die Houw Hoek-pas toe die nuus begin viral gaan dat die afrigter van die plaaslike rugbyspan, Herschelle van Aswegen, “met onmiddellike effek” wou bedank.

Wat gebeur toe? Mnr. Wilfred Herman, voorsitter, en die res van sy bestuurspan moes “met onmiddellike effek” krisisbestuur toepas en die afrigter sy sin gee om die situasie te red. (Maar was dit nou nodig om in die proses toe sommer vir Mondstuk Media onder die bus na Vanrhynsdorp te wil gooi?) Ons help die Botrivier-bestuur en Mondstuk se mense om “coach Hersch” beter te leer ken.

Lees die storie →

Robertson Town se sukses in die Gold Cup-kompetisie van SA Rugby veroorsaak nou vir hulle ’n Boland Top 12-kopseer. Safcol het nie simpatie daarmee nie

John Booysen, afrigter van Robertson Town, wat die naweek sy Gold Cup-kragmeting teen Worcester Villagers met 52-33 gewen het, is bekommerd oor sy diepte op slot en stut vir die komende naweek se kragmetings.

Waarom is dit ’n probleem? Town moet sy eerste Top 12-wedstryd vir die seisoen tuis teen Safcol speel en op dieselfde dag – ook tuis – ’n volgende Gold Cup-afspraak teen College Rovers uit KwaZulu-Natal nakom.

Lees die storie →