’n Uitnodiging aan ‘AfriKarens’: Romantha wil wit vroue laat aansit vir aandete ‘om oor hul rassisme te kom’

Die idee spruit uit Romantha se reaksie op ’n jong wit “content creator” se video-pleidooi dat swart Suid-Afrikaners “witmense ’n breek moet gee oor kolonialisme en apartheid”.

En dan wat? Eerder as nóg ’n WVK, reken Romantha toe, moet wit en swart vroue eerder om die etenstafel sit en hieroor praat.

20.04.2026 | NUUSMAKERS: ’n Ete gaan natuurlik nie “mense oornag verander nie”, besef sy, “maar die ete is om ’n saad te plant”, sê die oudjoernalis en deesdae “influencer” Romantha Botha. Dié beplande geleentheid noem sy “Dinner with AfriKarens” …

Wat is die definisie van ’n AfriKaren?

AfriKarens is nie net Afrikaners nie. Die Karen-karakter is wel bekend as ’n wit vrou wat haar gewig rondgooi omdat sy wit is. Sy verwag spesiale behandeling omdat sy wit is en speel gewoonlik die victim wanneer mense teen haar opstaan. Hierdie uitkyk op die lewe spruit uit white supremacy – die idee dat jy belangriker is, meer gesag het, dat jouself belangriker ag en beter weet, net omdat jy wit is.

Ook bruin? Nou, in die geval van die ete, praat ek met wit vroue, maar ons eie community het baie sulke Karens – dalk moet ons ’n ander naam vir hulle skep (I’m open to suggestions). Dit is sogenaamde Coloured mense dat dink dat swart low skilled werkers, benede hulle is.

Hoekom ’n Back-A-Buddy campaign vir die ete?

Om blunt te wees: alles kos geld en Suid-Afrikaners wil hierdie gesprek sien gebeur. Gaan kyk maar onder my video’s sedert ek dit aangekondig het. Die Back-A-Buddy Campaign is grotendeels ’n uitnodiging aan witmense oor die algemeen – veral diegene waarvan die dame waarna ek voorheen verwys het, gepraat het. Die goeie witmense. En die uitnodiging is: “Put your money where your mouth is.”

  • Anti-racism werk kos mense soos ek baie meer as geld – en die price tag is duur! So die uitnodiging is vir diegene wat nie ’n plek om die tafel kan kry nie – dit gaan ’n baie intieme ete wees – maar wat wil sien hoe hulle gemeenskap voel oor rassisme in ons land.
  • Dit gaan opgeneem word en die eerste ete gaan verniet beskikbaar wees op Youtube, want hierdie is die mense se projek. Ek sal dit graag ’n landwye projek wil maak, maar kom ons kry eers die eerste een agter die rug.

Teen wanneer wil jy die funksie hou?

Omdat ek met vroue sit, is dit van pas om dit in Augustus te doen tydens Vrouemaand – en wil dit graag in Kaapstad doen. Waar kolonialisme op ’n boot gearriveer het.

En dan praat jy binnekort by die George TED x Women 2026 byeenkoms: Hoe het dit gebeur en wat is jou topic?

Die organiseerders van Tedx George het laat verlede jaar met my kontak gemaak met die uitnodiging. Hulle het my sosiale media video’s en my agtergrond gesien en was veral geïnteresseerd in my video’s oor ons land se geskiedenis en sy mense. Asook die feit dat ons steeds probeer om mites oor ons geskiedenis verkeerd te bewys en eenheid onder ons mense probeer bou deur ’n meer volronde storie oor ons komvandaan te vertel.

  • Die groot vraag wat vir my soos ’n paal bo water gestaan het, was “Wie se waarheid word vertel en wie het die reg om dit te vertel”. So my gesprek gaan nie noodwendig oor ons land se geskiedenis nie, maar oor “Die Waarheid (en die Waarhede) Wat Ons Onsself Vertel”.
Leave a Reply