‘Ek is aangenaam verras met die ondersteuning,’ sê Theewaterskloof se Walter Hendricks ná sukses met sy slim uittree-plan. Nou moet hy harmonie skep, maar hoe?

“Hop, hop / spinnekop!” klink dit vanoggend in die gange van die Theewaterskloof-munisipaliteit op Caledon nadat die DA-Good-koalisie Donderdag hul volle steun aan mnr. Walter Hendricks, munisipale bestuurder, toegesê het.

Wat nou? Terwyl Lincoln de Bruyn (burgemeester, DA) ongemaklik staan tussen Good se Speaker Weldon Wells en onderburgemeester Cynthia Clayton, moet mnr. Hendricks nou harmonie skep tussen werkers en amptenare, wat sy achilleshiel, Wilfred Solomons-Johannes, insluit.

Lees die storie →

Rug draai op die ANC? Nie ekke nie, sê kameraad Meleney van die Klein-Karoo, wat nou moet help om die party in die Wes-Kaap te hernu en vir #LGE2026 voor te berei

Haar pad met die ANC kom al aan vandat sy so 13 jaar jonk was, sê Meleney Burts Tembo, wat op die top-leierskap ingesluit is van die party se nuwe Wes-Kaapse taakspan (PTT). ’n Eerste formele vergadering van die ampsdraers word vandag gehou.

Waarom is dit belangrik? Me. Tembo glo jy baklei van binne om dinge reg te maak; jy loop nie weg nie. Selfs geharde ANC-kamerade twyfel egter in haar onverskrokke geloof in ’n bevrydingsbeweging uit ’n tyd wat lankal nie meer bestaan nie.

Lees die storie →

O, die liefde is ’n wonderlike ding: Oom Peter Marais is bekend as ‘robuust’; sy vrou, Bonita, is ‘sag en skamerig’. Hoe het hulle ’n huwelik van 60 jaar gebou?

Die afgelope Donderdag skryf die oud-politikus Peter Marais op Facebook dat hy en sy vrou, Bonita, presies 60 jaar gelede in die huwelik getree het – en 5 kinders, 12 kleinkinders en 9 agterkleinkinders later is hulle steeds gelukkig getroud.

Wat is hulle geheim? “Wedersydse respek, te alle tye,” is een van die redes wat hy op Mondstuk Media se vraag antwoord. Ons ken hom as ’n vuurvreter-politikus, maar wanneer hy oor sy vrou praat, sing hy ’n ander noot.

Lees die storie →

Partye vryf hul hande warm vir poste, terwyl die treurmare in Theewaterskloof se raadsaal voortduur. Die terugkeer van Wilfred Solomons-Johannes het baie daarmee te doen

Spesiale raadsvergaderings is verlede week opgestel, uitgestel en hersaamgestel in die Theewaterskloof-munisipaliteit in die Overberg. Die agendapunt op papier was beweerde wangedrag deur die munisipale bestuurder, maar dit is net ’n eyeblind, soos die mense hier sê, vir iets anders.

Waarmee het dit werklik te doen? Die ongeskrewe agendapunt is ’n plan van mnr. Brett Herron van Good (op foto), PA en die ANC om die mag terug te vat, terwyl die DA hoop om sy beheer van TWK te behou. Maar waarom sit die VF Plus dan stilswyend op die draad?

Lees die storie →

Onweerswolke pak saam bó Theewaterskloof-munisipaliteit oor die terugkeer van ‘Accused Number One’. Beteken dit die vervroegde vertrek van die huidige munisipale bestuurder?

Mnr. Wilfred Solomons-Johannes is einde verlede week deur ’n arbitrasieverhoor – en ’n week voor dit ook ’n raadsbesluit – in sy pos as direkteur: gemeenskapsdienste by die Theewaterskloof-munisipaliteit herstel.

Wat is die implikasie daarvan? Dit beteken dat hy terugkeer na sy ou kantoor, maar dat hy steeds dissiplinêr verhoor moet word oor die R40 miljoen rampfondsgeld wat onder sy beheer glo wanbestuur is. O, ja, en sy TWK-rekenaar is nog by die SIU, as Mondstuk Media reg ingelig is.

Lees die storie →

’n McKenzie-mokajava: Drie politici met dieselfde van het in Januarie saam krieket gekyk. Hoekom lag twee van hulle nou nie meer met mekaar soos op die foto van daai dag op Nuweland nie?

Mnr. Gayton McKenzie, PA-leier, het sy regsverteenwoordiger, mnr. Eugene Botha, die afgelope week opdrag gegee om ’n van-genoot van hom in die DA, mnr. Angus McKenzie, ’n prokureursbrief te laat kry.

Waaroor gaan dit? Dis oor die DA-McKenzie ’n foto op Facebook geplaas het van die PA-McKenzie saam met ’n man wat by korrupsie betrek word. Toe plaas min. McKenzie die foto hiernaas van hom, raadslid McKenzie en ’n derde van-genoot, Ricardo, óók van die DA. Wat moet ons hierin lees?

Lees die storie →

Wade van ‘Suidooster’ het ’n joke oor sy looks gemaak. Toe lyk dit of ’n opskrifskrywer nie die joke vang nie

Die inleiding van ’n berig wat einde verlede week elders verskyn het, het sy woorde net ’n bietjie te letterlik geïnterpreteer, verduidelik die gewilde akteur Dean John Smith, wat Wade in die sepie Suidooster speel. (Foto: ANTONIA STEYN/WOORDFEES)

Waaroor gaan dit? Dit gaan oor dié mooi klong van Malmesbury by die Momentum Aardklop-kunstefees in Potchefstroom gegrap het dat rolle dalk nie sy kant toe kom nie omdat hy miskien nie genoeg “looks” gekry het nie.

Lees die storie →

’n Lied vir ‘Dr. Jonathan’: Jazz- en gospel-superster word by spesiale konsert op 24 Oktober deur die Kaap se beste talent én sy familie gehuldig

Kitaar-konings soos Allou April en Cameron Ward en familielede, onder wie broer Danny en suster Sandra, sal saamspan om op Vrydag, 24 Oktober, eer te betoon aan een van die Kaapse Vlakte se beste jazz- en gospel-uitvoerprodukte, Jonathan Butler.

Waarom is dit belangrik? Omdat die konsert, geïnisieer deur Keegan Williams (op foto), die lys van vererings vir Butler oor die afgelope jaar verleng: eers ’n ere-doktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch; en die afgelope naweek in New York het hy ook ’n Global South Africans Cultural Ambassador-toekenning ontvang.

Lees die storie →

Ná 3 ure aaneen se oefening kry NZ-koor ‘Nkosi Sikelel’ iAfrika’ onder die knie, maar die ‘g’-klank was ’n styl bult om te klim

Suid-Afrikaners was verlede Saterdag in ekstase oor die pragtige uitvoering van Nkosi Sikelel’ iAfrika deur die Auckland Pasifika-skolekoor in Nieu-Seeland. Ons het ’n eksklusiewe onderhoud gekry met die koorleier, Aloali’i Feagaigafou (Nainz) Tupa’i.

Wat sê hy toe? Dit was veral die ‘g’ in die Afrikaanse deel van die volkslied wat die jong Nieu-Seelanders se tonge laat knoop het, maar Youtube het gehelp.

Lees die storie →