SCOOP: ‘Crimson Sands’ (of ‘Rooisand’) oor versetleier Dirk Aruseb, word een van die dae ’n fliek
Wat ’n vae wenk op Facebook deur die skrywer (en oudspeurder) Jeremy Veary was, is nou teenoor Mondstuk Media bevestig: Veary se boek oor die Bondelswarts se opstand in destyds se Suidwes, gaan verfilm word.
Wat maak dit besonders? Hierdie soort verhaal, in Afrikaans as ‘Rooisand’ gepubliseer, haal weinig die silwerskerm.
