FOTO VAN DIE WEEK: Waternat-weer bring yskoue, padongelukke en stormskade na die Wes-Kaap
Hierdie foto, wat vanoggend in Wellington geneem is, is aanduidend van die skade wat die reën- en stormweer van die afgelope paar dae in die Wes-Kaap aanrig.
Waarom maak dit saak? Owerhede, onder wie mnr. Mbulelo Isaac Sileku, Wes-Kaapse minister van mobiliteit, pleit gedurig by motoriste en ander padgebruikers om in dié soort weer versigtig te bestuur.
