Die salon met ’n salwing: Hier moet elke kliënt ook die liefde en vrede van God ervaar, sê Keeicha
In Bethelsdorp in die Baai het die 21-jarige Keeicha McPherson pas haar eie haarsalon geopen en haar volgelinge op TikTok daarvan vertel.
Wat maak dit besonders? Haar opgewondenheid sal jou laat dink dis iewers in ’n groot winkelsentrum, terwyl dit agter in hulle jaart is. Dit bewys dat trotsheid en inspirasie nie ’n fênsie adres vereis nie.

